Tydens die
Junie/Julie vakansie beplan ons ‘n uitreik te Khayelitsha
by die “Way of life” gemeente.
Way of Life
Xola Skosana is die hoofpastoor by hierdie pragtige
gemeente in die hart van Khayelitsha. Way of Life volg `n geregformeerde
teologie en is in baie opsigte dieselfde soos Bergsig veral omdat hulle gefokus
bly op Jesus. Omdat hulle in die Xhosa kultuur hub van die
Wes-Kaap is sou mens dink dat voorvaardery deel sou vorm van hulle teologie,
maar hulle is 100% vir Jesus en Jesus alleen.
Ons wil graag hê dat daar
gedurende hierdie uitreik iets binne die tieners se harte sal losbreek oor ware
medelye en omgee. Ons wil `n volhoubare verhouding skep met die broers en
susters in Khayelitsha sodat ons só kan deel word van God se Koninkryk wat kom.
Die datum van die uitreik is 27 Junie – 3 Julie 2014. Ons sal opleiding sessies
hê op 27-29 Junie 2014.
Wat gaan ons
op die uitreik doen?
- Bou verhoudings met die mense (raak vriende)
- Help by die kerk se klasse met kinders
- Eet traditionele kos saam families
- Leer oor die kultuur van Khayelitsha
- Vertel die storie van Jesus deur ons aksies
- Moontlik bome plant saam met die tieners ban Khayelitsha
- Speel met kinders
- Deel raak van enige programme wat kerk reeds daar bied
Vervoer
Ons gaan gebruik maak van ‘n baie betroubare taxi maatskappy wat ook
dikwels deur Vredelust gemeente gebruik word om vir ons te vervoer. Die eienaar
van die maatskappy is ook lidmaat van die “Way of life” gemeente.
Die uitreik sal geskied onderleiding van Arno Mattheus, Dewald Cillie en
Wynand Breytenbach.
Koste: R300
Slegs plek vir 18 tieners
Inskrywings sluit 22 Junie 2014
Indien daar enige navrae is kan u enige een van hulle kontak by:
Arno Mattheus 082 569 0000 arno@bergsigjeug.co.za
Wynand Breytenbach 071 640 979 16724542@sun.ac.za
Dewald Cillie’ 084 711 0805 dewald13@live.com

No comments:
Post a Comment