In 2014 wil ons regtig julle toerus om dissipels van Jesus te wees. Ons
gaan verskei maniere gebruik in 2014. Een van die maniere is om weeklikse
Multiply omgeegroepe te begin. Hierdie groepe kom in die week bymekaar soos
deur julle self besluit saam met ‘n tiener omgeegroepleier. Hierdie groepe
vervang nie ons Sondae kleingroepe nie, maar is gemik op die tieners wat graag
meer wil hê.
Die Multiply
materiaal is 'n eenvoudige, praktiese en Bybelse, nuttige en persoonlike hulpmiddel vir dissipels van Jesus. Hierdie materiaal rus jou nie net as dissipel
toe nie maar gee ook jou die geleentheid
om dissipels te maak Dit is 'n 24-sessie dissipelskap ondervinding
ontwerp vir een-tot-een-en-groepe.
Indien jy in 2014
deel van so groep wil wees moet jy asseblief die vorm onder invul sodat ons jou
aan die begin van 2014 kan kontak!
Powered by 123ContactForm | Report abuse

No comments:
Post a Comment