Leshoto Uitreik 2015

Kom raak ontslae van jou eksamen stres.

In die Sesotho kultuur is daar nie woorde vir neef of niggie nie, net broers en susters. As jou Ma of Pa sterwe word jy deel van jou familie se gesin. Nooit was daar ‘n behoefte vir ‘n kinderhuis nie, alle weeskinders het deel geraak van die gemeenskap. Baie van die Pa’s werk op die myne en kom net so 2 x jaar huis toe om vir sy paar vrouens en klomp kinders te kom kuier. Aids het van die myne af saam met hulle gekom en bitter vining versprei die laaste 10 jaar. Waar die sentruml sowat 5 weeskinders versorg het, het dit tot 80 gegroei vanwee hele gemeenskappe wat uitgewis word. Daar is baie gesinne in die berge waar 12 jariges aan die hoof van die huis staan. Een van die gevalle by SCC is waar die ma oorlede is met die geboorte van haar tweeling. Die Pa het besef hy kan hulle nie versorg nie en het albei op sy rug vasgebind en 4 ure te perd later daar opgedaag. Die boetie is dood oppad, die sussie is nou 5jr oud en speel saam met ons op een van die fotos hieronder.

Wat gaan ons doen? 

  • Gee die personeel ‘n break 
  • Speel met die kinders en leer hulle games 
  • Maak hulle jungle gym reg 
  • Die eetsaal se vloer het meer slaggate as SANRAL se paaie 
  • Die 3 fietse wat hulle het, het nie eens trappe nie, maar huller y dat dit klap – sal baie graag dit wil herstel en nog n paar fietse saamvat -
  • Vrydae aande is movies aand, kom kyk saam - Maak iets spesiaal om te eet
Hoe lyk dit daar?



 Click HIER om die inligtings brief af te laai!

No comments:

Post a Comment