Kaartjies beskikbaar vanaf: 2 September 2012
Moses Metro Man is:
· Jako Meyer – Voorsanger. Hoof liriekskrywer. Was deel van Rean Rotweiler en Flip a Coin. Hy hou ook sy lyf akteur. 2010 was hy deel van die musiekproduksie “Persreën” saam met Amanda Strydom en Jan Blohm asook “Boegoe van die liefde” die teaterproduksie deur Hans du Plessis en Lize Beekman. Jako is ook sopas gekies vir Deon Opperman se teaterproduksie “Tree Aan” Hou die pers dop.
· Ruan Kruger – Tromspeler. Liriekskrywer. Was deel van die baanbreker groep Straatligkinders en is ook op die oomblik in die groep ekhouvanjou,okay. Hy is een van Suid-Afrika se mees gesogste tromspelers en hy het daardeur ‘n borgskap verwerf van Spaundrums, ‘n Amerikaanse gebaseerde dromstel vervaardigings maatskappy.
· Bennie de Jager – Hoof kitaarspeler. Was deel van die baanbreker groep Straatligkinders.
· Hein Kruger – Baskitaarspeler. Was deel van die baanbreker groep Straatligkinders.
· Dewald Pieters – Kitaarspeler. Is ook deel van die groep Winterstasie.

No comments:
Post a Comment