As julle die weer dop hou sal julle agter kom dat die kans op reen Donderdagaand goed is. Die reen gaan dit moeilik maak om buite die Piekniek en Praise & Worship te hou. Ons het 'n plan B vir ingeval dit reen!!!
Plan B is:
Ons hou Piekniek in die binnehof van die kerk(onder af dak) en ons gaan in die kerk die Praise & Worship hou!
Die reen gaan ons nie stop om die Here se naam groot te maak nie, die reen is net nog 'n rede hoekom ons die Here se naam groot gaan maak.
So moenie bekommerd wees as dit Donderdag reen nie. bring jou piekniek stuff en kombers!
Sien jou Donderdagaand 18:30!!!!!!!!!
No comments:
Post a Comment